| English | | | Afrikaans | | | Malunga | | | Qhagamshelana | | | Uncedo | | | Funa nzulu | |
Toetsing vir Swangerskap
INKCAZELO: |
Vroue en meisies wie se maandstonde een of meer weke laat is, word aangeraai om 'n swangerskaptoets te ondergaan. Hierdie toetse word gratis by primêregesondheidsklinieke en ander gesondheidsfasiliteite gedoen. Hulle is egter nie altyd beskikbaar nie. 'n Toestelletjie waarmee vir swangerskap getoets kan word, kan by 'n apteek gekoop word. Die verpleegster sal u om 'n urinemonster vra wat getoets sal word. Sodra swangerskap bevestig is, is daar verskeie opsies. Indien die kliënt die swangerskap wil behou, sal sy na gesondheidsfasiliteite, bekend as obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's), verwys word. Dit is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheid-sorgpasiënte. Indien die moeder nie haar swangerskap wil hê nie, kan sy vra vir ander opsies, met inbegrip van beëindiging van die swangerskap. |
IMIYALELO: |
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik, en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. |
IFUMANEKA KWI: |
La mabakala amaziko: |
IBONELELWA LISEBE:
|
ICANDELO LIKARHULUMENTE:
|
Isebe Lezempilo (The Government of South Africa) |
IXABISO: |
Toetse is gratis by staatsgesondheidsfasiliteite, maar gaan beskikbaarheid na, veral in die plattelandse gebiede. |
Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 2 uAgasti 2004