BESKRYWING: |
Enige vrou (ongeag haar ouderdom) kan 'n wettige aborsie vir 'n ongewenste swangerskap verkry ooreenkomstig die Wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap (Wet 92 van1996). Nie-voorskriftelike berading moet voor en na BVS voorsien word. Toestemming van 'n ouer of lewensmaat word nie vereis nie. Vroue word aangeraai om eerder veilige, wettige aborsies te ondergaan as "agterstraat-aborsies" wat hul gesondheid en hul lewens in gevaar kan stel. Lees ook Voorbehoeding (Gesinsbeplanning) vir noodvoorbehoeding. Om 'n gratis aborsie te verkry, moet die versoek vir 'n BVS by 'n primêregesondheidsorgkliniek gemaak word, waar die swangerskap bevestig sal word, berading voorsien, 'n afspraak gemaak en 'n verwysingsbrief uitgereik sal word aan 'n fasiliteit waar die prosedure uitgevoer kan word. Nie alle gesondheidswerkers is gewillig om by hierdie diens betrokke te wees nie, maar hulle word wetlik verplig om die kliënt oor haar regte in te lig en haar na 'n gesondheidswerker of -fasiliteit te verwys waar sy die diens kan ontvang. Die diens kan ook bekom word deur 'n algemene praktisyn (AP) maar konsultasiegelde sal vereis word. Marie Stopes-klinieke en private hospitale verskaf ook die diens teen vergoeding. Enige meisie of vrou kan 'n BVS binne die eerste drie maande (12 weke) van swangerskap aanvra. Dit is belangrik om gou op te tree as 'n ongewenste swangerskap vermoed word. As jy drie tot vyf maande (13-20 weke) swanger is, tree 'n ander stel reëls vir BVS in werking. In so 'n geval, sal die dokter uitsluitlik die BVS uitvoer as:
Die diens moet egter steeds aangevra word by 'n primêregesondheidsorgkliniek. Die volgende private organisasies kan ook van hulp wees:
|
VOORSKRIFTE: |
As jy vir die eerste keer 'n gesondheidsfasiliteit besoek, sal jy gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam, ook jou verwysingsbrief (indien relevant), enige medikasie wat jy gebruik en jou kliniek- of hospitaalkaart, as jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het. Jy moet 'n ingeligte toestemmingsvorm invul wat toestemming vir die uitvoer van die BVS verleen. Gesondheidswerkers wat om enige rede nie bereid is om hierdie diens te verskaf nie, moet jou na 'n kollega verwys wat gewillig is om dit te doen, of jou voorsien van 'n verwysingsbrief en 'n afspraak by 'n geskikte streeksfasiliteit. |
VERSKAF BY: |
Hierdie fasiliteitskategorië: |
|
STAATSLIGGAAM:
|
|
PRYS: |
BVS is gratis by primêregesondheidsorgfasiliteite en wanneer 'n kliënt daarheen verwys is. Ambulansdienste is gratis vir vroue wat 'n aborsie ondergaan. |