Geboorte-/Kraamdienste
BESKRYWING: |
Moeders kan geboorte skenk by vaste klinieke of by obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens, wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Indien daar tydens die geboorte komplikasies ontstaan, kan hulle verder na 'n hospitaal verwys word. Moeders wat MIV-positief is, kan by die Voorkoming van Moeder-na-kind-oordrag-diens aansluit. Verwagtende moeders word aangemoedig om 'n geboortemetgesel (man/vriend/familielid), wat in die diens as 'n doula bekend staan, saam te bring om met die geboorteproses by te staan. Daar is vasgestel dat moeders wat deur 'n doula vergesel word, minder pynmedikasie benodig omdat hulle voel hulle word ondersteun. Moeders kan 'n geboorteposisie (bv. hurk) versoek wat hulle die gemaklikste laat voel. Die gesondheidsfasiliteit gee aan alle moeders 'n Pad-na-Gesondheid-kaart wanneer die baba gebore word. Hierdie kaart word by die huis gehou en moet aan die suster oorhandig word met opvolgbesoeke aan die kliniek. Die kaart is 'n deurlopende rekord van die kind se gesondheid van geboorte tot op vyfjarige ouderdom. |
VOORSKRIFTE: |
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart, indien u een het. |
VERSKAF BY: |
Hierdie fasiliteitskategorië: |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika) |
PRYS: |
Dienste is gratis. |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Maart 2004 hersien